Soos ek gister genoem het, was ek na die Klein Libertas Ashtray Electric/Zebra and Giraffe gig toe. Ek het net weereens besef hoe baie ek hou van gigs. Spesifiek by Klein Libertas. Dalk was dit al die FPK-aande daar wat iets van ‘n aangename bekendheid herroep, maar dinge daar voel net so goed. Die crowd Woensdagaand was egter ‘n bietjie anders – meer engels, meer kaapstad.
Dit was toe ook my eerste ontmoeting met hierdie snaakse-naam band (alhoewel niks deesdae seker snaaks is nie), en hulle het nogals ‘n verwagting gehad om teen op te leef. Dis altyd moeilik as ‘n mens musiek (veral local ouens s’n) vir die eerste keer live sien: die klank is dikwels sleg en vocals klink net nooit so goed nie – dinge wat alles soveel makliker is om te vergeef as jy in elk geval bo die geraas uit saam sing. Met hierdie wete het ek nader gestaan toe AE iets waag wat ek lanklaas gesien het: die frontman staan alleen op die verhoog, met net sy kitaar en ‘n stadige ballade.
Braaf.
En hy kry dit reg,
Hy het my aandag.
Ek druk in en staan saam met die ander fotograwe (Mark Reitz, Nielen Bottomley) reg in die line of fire van spoeg wat die mikrofoon mis. Dinge raak meer rof en ek is skielik bly dat ek nie my kamera bo-oor die moshers moet lig nie – ek is lekker veilig in my hokkie van gesofistikeerde aanhangers. Langs my staan Gerdus en ander ouens wat ek al op ‘n verhoog gesien het.
AE speel ‘n musiek wat ek nie rerig ken nie, maar tog nie helemal vreemd is vir my gedagtes nie. En dis baie aangenaam. Iewers herhinner iets my aan die atletiek waar ek nounet was, en ek stoot my kamera-hand in die lug saam met die crowd; vanuit vreugde vloei my vrede: hier hoort ek.


















[...] Kommerkas Vanuit my vreugde vloei vrede: hier hoort ek. Who Am I? « Ashtray Electric LIVE @ Klein Libertas Teater [...]
Van wat ek sien is band-fotografie regtig ‘n sterk punt! Well done! (weereens)